Astronomiese eenheid

'n Astronomiese eenheid (AE, Engels: AU) is die gemiddelde afstand tussen die Aarde en die Son. Een astronomiese eenheid is gelyk aan sowat 150 miljoen kilometer. Die mees onlangse meting gee die presiese waarde as: 149 597 870,691 km.[1] Hierdie maat word in sterrekunde gebruik om afstande in die ruimte aan te dui.

  1. The International System of Units (SI), 8ste uitg., 2006

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search